Skip to main content

Mr JJ Pretorius

"Ek will van hierdie geleentheid gebruik maak om Mnr Willem Wessels te bedank vir sy flinke diens tydens die hele aangeleentheid. Die advies en hulp wat verleen is was baie vinnig en behulpsaam. Toe ek hom die eerste keer gekontak het was dit onstreeks 22:30 die aand en hy het nie geskroom on my behulpsaam te wees nie.

Ek het baie onderskraging van hom ontvang en verskeie e-posse en telefoon oproepe, selfs na my prokureur aangesien ek in Ladysmith, Natal bly. Toe ek die eerste keer in die hof moet verskyn het my prokureur my meegedeel dat Mnr Wessels hom alreeds vroeg die oggend gebel het. Ek is baie tevrede met die diens wat ek van Legalx se Regsadvies ontvang en is nie spyt dat ek ingeteken het daarvoor nie. Ek gaan uit om my mede werkers, familie en vriende te vertel van die goeie diens en ek moedig hulle aan om ook aan te sluit. Baie dankie vir die goeie en flinke diens van u kantore af."

Back to Lawyers homepage